News

Lutzkie 1, Shepherd 0

Die jarelange vete tussen Frikkie Lutzkie en Ad Shepherd is hierdie week in die Hooggeregshof in Pretoria voortgesit.

Mnr. Shepherd het die Middelburg Observer verlede week in kennis gestel dat hulle bykans R20 miljoen van die staat en mnr. Lutzkie eis vir onder andere die beweerde onregmatige arrestasie saam met Dave Smith en Kenneth Stricker in Julie 2010.

Die voorval waarin advokaat Jaap Cilliers na bewering met ‘n onbekende vloeistof in die boud gespuit is, sou ook glo in die hof aangeraak word.

Donderdag het mnr. Shepherd bloot gesê dat sy regslui hom aangeraai het om as kommentaar net te sê dat die saak onbepaald uitgestel is.

Mnr. Lutzkie het laat weet dat die hof Woensdag bevind het dat mnr. Shepherd eers die respondente, die staat en mnr. Lutzkie, se regskostes tot op hede moet betaal, voordat die saak weer op die hofrol geplaas kan word.

Hy sê dat adv. Cilliers Vrydagmiddag aangedui het dat hy reg is om voort te gaan met die saak maar dat mnr.

Shepherd Maandag voor die hof gestaan het sonder enige regsverteenwoordiging.

Dave Smith, Ad Shepherd en Kenneth Stricker oppad hof toe na hul arrestasie in 2010.
Dave Smith, Ad Shepherd en Kenneth Stricker oppad hof toe na hul arrestasie in 2010.

Mnr. Lutzkie sê dat hulle aan die regter bewys het dat dit ‘n ou taktiek van mnr. Shepherd is om hofverrigtinge te vertraag en dat die regter sy aansoek as “vexatious” en “venomous” bestempel het.

“Hierdie is ‘n groot oorwinning vir my. Dit is die derde oorwinning teen hierdie mense in drie maande. Elke keer wat ons hof toe gaan staan ek net sterker. Nou het die regter beslis dat Shepherd nie nog ‘n aansoek mag bring voordat hy nie die uitstaande geld betaal van al die ander wat hy al verloor het nie.”

“Ek gaan nie toelaat dat hierdie mense wegkom nie. Hulle kan my maar weer skiet, ek sal nie ophou nie. Hulle sal tereg staan vir dit wat hulle verkeerd gedoen het.”

Adv. Barry Roux het namens die staat opgetree.

Oorwining vir Frikkie

Update: Frikkie vas in Zim

Video: Frikkie slagoffer van reuse komplot

Opvolg: Wat het van Frikkie geword

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button