Oorwinning vir Lutzkie

In 'n dramatiese wending het plaaslike sakeman, mnr. Frikkie Lutzkie, Woensdagaand net na 20:00, 'n dringende hooggeregshofsaak teen Beeld en Media24 gewen.

Die laatnag regsgeding volg nadat daar op die Netwerk24 webblad en ook Beeld se Woensdaguitgawe, berig is dat daar beslag gelê is op mnr. Lutzkie se huis in Pretoria asook die multi-miljoenrand ontwikkeling in KwaZulu-Natal, Mount Richmore, waaroor daar reeds vir jare ‘n bitter hofgeding woed.

Die joernalis, Erika Gibson, het beweer dat die balju verlede Vrydag, 22 Mei, op die eiendomme beslag gelê het, nadat die hof in die guns van vorige vennote Dave en Wendy Smith, bevind het. Mnr. Lutzkie is nie vir kommentaar oor die bewerings genader nie.

Lees meer in die Middelburg Observer.

Video: Lutzkie slagoffer van reuse komplot

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version