Vis sluk slang in

As Jona in die walvis se maag kon kuier, is dit seker nie so vergesog dat ’n slang binne ’n vis gekry word nie?

As Jona in die walvis se maag kon kuier, is dit seker nie so vergesog dat ’n slang binne ’n vis gekry word nie?

Mnr. Eddie Louw vertel dat hy saam met sy vriend, Neels de Vaal, Sondag by Krugerdam gaan hengel het.

“Neels het nog opgemerk dat die vis ’n lang tong het, toe ons hom uittrek. By nadere ondersoek het ons gesien dit is ’n rooilippie wat hy ingesluk het.”

Die slang is sentimeter vir sentimeter met ’n tang uitgetrek en die twee ywerige hengelaars was verstom oor die lengte van die slang, teenoor die vis van 1.3 kilogram. Veel langer as die kunsaas wat gebruik word om swartbaars te vang.

Exit mobile version