News

Video: Neem ‘n troeteldier aan

Gaan neem 'n troeteldier aan by die Dierebeskermingsvereniging en verseker dat daardie hondjie of katjie die liefde kry wat hy verdien.

Senior inspekteur Petro Oberholzer (Middelburg DBV bestuurder) sê hulle word vele kere deur mense sleggesê wanneer hulle diere wil aanneem en hulle moet ‘n fooi betaal.

Hierdie fooie sluit sterilisasie, ontwurming, inenting, bandjie en staaletiket in (wat die inligting van die eienaar bevat). Sy sê die DBV maak géén wins op hierdie fooie nie, aangesien hulle self ook die veeartse moet betaal.

Die voordeel om ‘n dier by die DBV aan te neem, is dat die sterilisasie vir hulle teen ‘n verminderde prys aangebied word en die nuwe troeteldiereienaar voordeel daaruit trek.

Daar is spesifieke reëls en regulasies wat gevolg word.

Eerstens word ‘n aansoekvorm ingevul en word die persoon deur middel van sy antwoorde gekeur of hy geskik is om na ‘n troeteldier om te sien.

Die DBV doen ‘n huisbesoek om te kyk of die eiendom geskik is vir die dier om te bly.

Hierna moet die fooie betaal word. Om ‘n kat aan te neem, beloop R420, ‘n jong hondjie R550 en ‘n uitgegroeide hond R700. Die prys sluit sterilisasie, inenting en ontwurming in.

Die DBV doen ‘n beroep op gesinne om wanneer hul troeteldiere wegraak, so gou as moontlik die DBV te kontak om te kyk of die dier nie in hul hokke beland het nie. “As jou hond/kat langer as sewe dae by die DBV is, word die troeteldier die eiendom van die DBV. Dan moet jy hom weer aanneem volgens skutregulasies.”

• Daar is verskeie honde en katte beskikbaar vir aanneming, waaronder ‘n basset, worshond, ses foksterriër babahondjies, ‘n steekbaard kruising en ‘n paar baba- en jong katte.

Vir enige navrae, bel die DBV by 013 246 1201.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button