Parkinsons-lyer sterf aaklig

Die familie van 'n Parkinsons-lyer wat Maandag in die Middelburg Hospitaal oorlede is, sê die dokter en verpleegpersoneel het hom weens honger en dors laat sterf.

Me. Aletta van Dyk, van Nelspruit was kort voor ha pa Elmo se dood die week, erg bekommerd oor die behandeling, of gebrek daaraan, wat hy by die hospitaal ontvang het sedert sy opname op 1 Junie.

“My pa kon die dag nie uit die bed nie en ‘n ambulans is laat kom, maar by die hospitaal is hy gedwing om self uit te klim en moes van 06:00 tot na 23:00 wag om opgeneem te word.”

Die dokter aan diens het bloed laat trek en ‘n breinskandering aangevra omdat hy volgens me. Van Dyk oortuig was daar is breinbloeding.

Lyk of iemand by die Middelburg Hospitaal darrem lekker geëet het, en dit was beslis nie ’n pasiënt nie.

“Nietemin is die skandering eers op 12 Junie gedoen, sy kritieke toestand ten spyt,” sê sy oor die “die dokter wat die naweek nêrens te vinde was nie want dis mos weekend en holiday,” rol sy die traak-my-nie-agtige susters se woorde op haar tong.

Twee weke voor mnr. Van Dyk se opname het hy reeds gesukkel om te eet en bloederige sere in sy mond ontwikkel en me. Van Dyk sê dat haar pa geen, “nie eens sy normale Parkinsons mediaksie of pynmediaksie, ontvang het nie”.

Na die skandering is mnr. Van Dyk met dementia gediagnoseer en daar is aan die familie verduidelik dat sy roggel ‘n stadium van die kondisie was – “maar dit was ‘n doodsroggel,” sê me. Van Dyk in retrospek.

Gemors lê oral rond by Middelburg Hospitaal.

Hy is nooit aarvoeding gegee nie en me. Van Dyk sê selfs toe slym by sy mond en neus uitgeborrel het ure voor sy dood, het personeel geweier om toiletpapier te bring “want hulle het nie”.

Familie moes toe noodgedwonge die lakens gebruik om hom skoon te vee.

“Gepraat van die lakens, my pa het na sy opname op die bed opgegooi en vyf dae later was die gemors nog net so op sy beddegoed,” kla me. Van Dyk waar pasiënte aan hulle genoem het “van hier af is dit die mortuary”.

Sy sê sy het nog nooit in haar lewe so iets ondraagliks beleef nie – “Middelburg Hospitaal is verskriklik, dis die vuilste, koudste plek waar geestesversteurdes vryelik tussen siekes in saal 15A rondloop”.

Die ergste is, die hospitaal kan nie vir die familie sê wanneer mnr. Van Dyk oorlede is nie. Hy is kort voor 20:00 die laaste maal besoek en die tyding is Dinsdag omstreeks 05:00 aan die familie deurgebel.

Sy liggaam is net so in die bed gelaat tot die ondernemer dit na 10:00 kon gaan haal.

“Sy dood spook by ons,” is al wat me. Van Dyk uitkry oor die onmenslike manier waarop haar pa beswyk het, “in pyn, met honger en dors, sonder enige bystand.”

Hy is elke dag deur sy broer, swaer en vrou besoek, maar hoe hoër hulle stemme verhef is oor die diens, hoe minder diens is aangebied.

Geld vir skoonmaak is daar nie by Middelburg Hospitaal.

“Hoeveel mense moet nog hierdeur gaan voordat die staat aanspreeklik gehou gaan word vir dié stadige moord,” vra sy.

•Dr Philemon Lethlalo, sê hy vind dit moeilik om te glo dat drie skofte se personeel almal hul rug op die pasiënt sou draai.

Hy het die familie genooi om hom te besoek sodat hy deeglik deur mnr. Van Dyk sê lêer met hulle kan werk en kan wys watter medikasie hy ontvang, en wanneer dit togedien is.

“Ek was persoonlik self deur saal 15A en B verlede Donderdag saam met die LUR vir gesondheid en die ander bestuurders van die hospitaal, en ons sou dadelik opgemerk het as mnr. Van Dyk nie menslik behandel is nie,” verseker dr Lethlalo.

Exit mobile version