Vrou val op palisade

Me. Talane Pansegrouw (26) sê sy het Vrydag op ‘n leer geklim om ‘n slot aan die binnekant van ‘n hek oop te maak. Die leer het onder haar uitgegly, waarop die palissade haar linkerarm vanaf die elmboog tot in die middel van haar arm oopgeruk het. Haar regterhand het egter vasgesit aan die palissade …

Me. Talane Pansegrouw (26) sê sy het Vrydag op ‘n leer geklim om ‘n slot aan die binnekant van ‘n hek oop te maak.

Die leer het onder haar uitgegly, waarop die palissade haar linkerarm vanaf die elmboog tot in die middel van haar arm oopgeruk het.

Haar regterhand het egter vasgesit aan die palissade en sy moes versigtig boontoe beur om haar hand na die bopunt toe uit te haal om los te kom.

Me. Pansegrouw se regterhand moes geopereer word om senings en spiere te heg en die regterarm (met spiere en senings) is ook in die teater geheg. Die operasies is gedoen in die Life Midmed Hospitaal deur dr. Dewald Tromp (ortopeed).

Dié bekende atleet van die Middelburg Marathonklub was baie ongelukkig dat sy nie Saterdag die “Om die Dam” 52km wedloop by

Hartbeespoortdam kon hardloop nie. Sy het kort na die besering egter weer elke aand vyf kilometer begin stap om fiks te bly.

Sy glo haar beserings sal teen 1 Mei iets van die verlede wees en dat sy die Loskop Post-wedloop saam met die res van die klub sal kan hardloop. Sy het verlede jaar haar eerste Loskop marathon voltooi.

Haar visier is egter op die Comrades hierdie jaar.

daleen@mobserver.co.za
•Me. Pansegrouw wil graag elke persoon wat haar ondersteun het, bedank.

Exit mobile version