Municipal

Hendrina sonder water – geen idee hoe lank nie!

Niemand is seker hoe lank Hendrina inwoners sonder water gaan wees nie.

Niekie van Zyl (DA raadslid in wyk 7, Rietkuil en Wyk 3, Hendrina):

Hendrina inwoners het my vanoggend in kennis gestel dat daar geen water is nie.

Ek het die Steve Tshwete Munisipaliteit gekontak en gevra wat die probleem is. Ek is meegedeel dat daar ’n probleem is met die kontrakteurs op Pullenshope wat water voorsien aan Hendrina dorp.

Verder dat die kontrak blykbaar beëindig gaan word.

Die munisipaliteit was in samesprekings met Randwater om te bepaal waar hulle water vir Hendrina dorp gaan kry en wanneer dit gaan gebeur.

Ek is ingelig dat hulle gaan “probeer” om water tenkers te kry om water aan te ry na Hendrina, maar kan nie sê wanneer nie!

• Ek het ’n soortgelyke voorval op Rietkuil gehad aan die begin van Augustus waar inwoners vir 48 uur sonder water gelos is, omdat daar nie ’n TLB beskikbaar was vir herstelwerk aan gebarste pyp nie

Ek het met Mandla Mnguni (waarnemende munsipale bestuurder) se kantoor gepraat maar hulle het nie ’n watertenker voorsien nie.

Die kontrakteurs van Hendrina, wat sub kontrak werk doen vir STLM moet geprys word vir hulle vinnige optrede om herstelwerk te kom doen op Rietkuil.

Ongelukkig word daar nie vir hulle ’n TLB beskikbaar gestel om hulle werk te kan doen nie.

Daar moet een gehuur word of Eskom moet plan maak. Met die gehuurde TLB het hulle die herstelwerk op Hendrina gedoen.

www.mobserver.co.za het pas probeer om met die munisipaliteit te kontak, maar almal was reeds weg vir die naweek en is dit steeds onduidelik hoe lank die inwoners van Hendrina sonder water gaan sit.

 
Back to top button