Municipal

Dis dinges en betaal in die Dal

Inwoners van Groblersdal gaan 33% meer moet opdok vir water na die Sekhukhune Distriksmunisipaliteit die nuwe water en sanitasie tariewe vir 2017/2018 goedgekeur het.

Groblersdal inwoners sien rooi omdat die tariewe die maand reeds gehef sal word.

“Volgens vooruitsigte van die Sekhukhune Distriksmunisipaliteit sou tariewe vir die 2016 finansiële jaar styg met ‘n gemiddeld van 6.9%. Verbruikers rekeninge wat nagegaan is toon egter ‘n styging wat wissel tussen 24% tot 45% voor 1 Julie,” sê mnr. Johan Kotze van die DA.

Pariteit in tariewe word voorgestel vir die munisipaliteite van Elias Motsoaledi, Ephariam Mogale en Thubatse.

“Totaal ondekbaar, elke munisipaliteit is uniek met sy eie probleme en uitdagings met watersuiwering. Jy kan onmoontlik nie die kwaliteit van die water uit die Olifantsrivier by Groblersdal vergelyk met die kwaliteit van water in Thubatse nie, en dan ‘n eenvormige tariefstruktuur daarstel om sodoende te verseker dat die tariewe koste effektief is nie. Elke aanleg het sy eie unieke uitdagings en kostes en tariewe moet daarvolgens bepaal word,” sê mnr. Kotze.

Die water en sanitasie tariewe is egter nie die enigste tariewe wat verhoog is nie, en nuwe waardasies is ook op eiendomme gedoen met verhogings hierop van 6.6% en ‘n elektrisiteitsheffing op ‘n verhoogde 7.6%.

Mnr. Kotze sê dat die tariewe teenstrydig is met wetgewing.

“Tariewe wat deur die Raad goedgekeur is mag alleenlik gehef word na openbare konsultasie en advertering in die Provinsiale Koerant, dit is nie gedoen nie,” sê hy.

Inwoners vra tereg waarom hulle 33% meer moet opdok vir water as die dorp kort-kort sonder water is as gevolg van wanbestuur, pype wat bars en rouriool wat vir maande lank in die rivier in vloei.

Lees verwante stories hier:

10% price hike for water

Water restrictions still in place?

Hurricane Maria intensifies

 
Back to top button