Crime

VIDEO: Gewapende rowers slaan toe by Courier Guy

The Courier Guy is in die vroeë ure deur gewapende mans beroof.

Skade van om en by R2 miljoen is gely, nadat vier verdagtes die personeel in ’n hinderlaag gelei het.

Die besigheid is om 03:00 oorval, nadat twee groepe verdagtes in ’n VW Polo en ’n wit Fortuner, een van die drywers ingewag het.
Die vier is deur die Fortuner afgelaai, en hulle het aan die agterkant van die winkel se perseel oor die muur geklim.

Die takbestuurder, Maggie de Beer, sê hulle vermoed dat die rowers hulle fyn dopgehou het, omdat hulle presies geweet het hoe laat die drywer stop, om aflewerings te maak.

Die drywer, ’n personeellid wat die pakkies ontvang, en die sekuriteitswag, is toe hulle die deure oopmaak oorval en vasgebind. Die pakkies en ’n trok met al sy inhoud is geroof.

Area bestuurder, Johnny Moore, sê dat die rowers 1700 pakkies gevat het, en selfs warmwatersakke en die trokdrywer se kougom gesteel het.
Die trok is later deur die polisie opgespoor in ’n bos naby Tasbet Park in eMahlaleni. Al die inhoud is weg.

Die Courier Guy se streekbestuurder, Janet Swart, sê dat hulle nog moet bevestig wat die inhoud is van die gesteelde pakkies, om te bepaal wat die skade is, maar hulle skat dat ongeveer R2 miljoen se goedere gesteel is.

•CCTV videomateriaal wys eers hoe vier verdagtes die besigheidsperseel dophou, en daarna die drie werknemers oorval. Die werkers is met wapens op die vloer neergedwing, waar hulle vasgebind is.

Back to top button