Crime

Familietwis lei na hof

Die voorval het omstreeks 09:00 Saterdag, 30 Desember 2017, by Fynbos woonstelle in Mineralia plaasgevind,

Mnr. Elfanus Janse van Rensburg sal weer op 22 Februarie in die hof verskyn op ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer, nadat hy mnr. Gert Kruger (30) na bewering herhaaldelik met ’n domkrag se handvatsel oor die kop geslaan het.

Mineralia - Middelburg Observer

Die voorval het omstreeks 09:00 Saterdag, 30 Desember 2017, by Fynbos woonstelle in Mineralia plaasgevind, nadat mnr. Kruger sy beweerde aanvaller se vrou Ria by die woonstelblok waarin albei bly, gekonfronteer het.

Mnr. Kruger sê hy het mev. Janse van Rensburg gekonfronteer omdat sy hom beledigings toegesnou het.

Na die konfrontasie het mnr. Kruger na sy motorhuis begin stap en is hy na bewering van agter met die metaal handvatsel aangeval.

Mnr. Kruger sê hy het na sy motorhuis gekruip, waar mnr. Janse van Rensburg volgens hom die aanranding voortgesit het.

Mineralia - Middelburg
Mnr. Gert Kruger waar hy katswink geslaan is met ’n domkrag se handvatsel in sy motorhuis.

By ongevalle is verskeie diep snywonde aan sy kop met altesaam 53 krammetjies geheg.

Die aanranding volg kort op voorlopige beskermingsbevel wat op 18 Desember teen mnr. Janse van Rensburg uitgereik is op versoek van Mariska se ma, Karen Oosthuizen, omdat hy haar dogter na bewering tuis, by haar werk en oor sosiale mediaplatforms geteister het.

Mnr. Elfanus Janse van Rensburg
Mnr. Elfanus Janse van Rensburg verskyn weer op 22 Februarie in die hof.

Mev. Janse van Rensburg en me. Oosthuizen is susters en Mariska sê dat die beskermingsbevel en daaropvolgende “weerwraakaanval op haar aanstaande,” ’n groot skeur in die familie veroorsaak het.
Mnr. Janse van Rensburg het homself oorgegee aan die polisie waarna hy Vrydag in die hof verskyn het.
Die Janse van Rensburgs wou geensins kommentaar lewer nie.

Back to top button