Skoolseun steek 14-jarige met mes

’n Seun in Belfast Akademie skoolklere het ’n leerling van Platorandskool Dinsdagmiddag met ’n mes in die maag gesteek vir sy selfoon.

Die veertienjarige Franco Burger (leerling van Platorand) het omstreeks 11:00 klaar eksamen geskryf en gou huis toe gedraf om ander klere te gaan aantrek.

Hy wou terugkeer skool toe, aangesien hy sy pa, mnr. Frans Burger, ’n onderwyser by Platorandskool, wou help by een van die sentrums.

Op pad terug het hy weer die roete op die paadjie naby die dammetjie aan die agterkant van Belfast Akademie gevolg.
Franco was besig om op sy selfoon te praat toe iemand hom skielik van agter af aanval, hom regs in die maag steek met ’n mes, omdraai en weghardloop.

In sy skoktoestand het hy omgedraai om te kyk wie dit is, maar net die klere van Belfast Akademie herken, terwyl die seun weghardloop.

Franco het die “Monster” uitspringmes, wat nog van sy bloed op gehad het, opgetel en aangestrompel tot by Platorand, vanwaar hy dokter toe geneem is. Me. Burger het gemeld dat hy laat hierdie week weer die dokter moes gaan sien.

Hulle het aangedui dat hulle ’n roofsaak by die polisie aanhangig sal maak.

• Mnr. Chris Kruger (hoof, Belfast Akademie) was Woensdagmiddag geskok toe hy van die voorval verneem.
Mnr. Kruger sê die aanname kan nie net gemaak word dat dit ’n leerling is van Belfast Akademie wat die seun met ’n mes gesteek het nie.

Volgens hom is daar ’n paar kinders van Belfast Akademie oor na Platorandskool en dra hulle nog dieselfde klere.

Hy het genoem dat die twee skole ook beide blou skooldrag het. Platorand het net die afgelope tyd ’n ander tipe baadjie wat gedra word. Die res van die skooldrag lyk baie dieselfde.

Hy het egter onderneem om so gou as moontlik meer rakende die aanval uit te vind, aangesien hierdie roete deur beide skole se leerlinge gebruik word.

Lees ander nuus hier:

Breaking News – Plane crashes at Botshabelo

Protest over land erupt in Mhluzi

Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang

Video: Gemeenskap groet Pottie

Copper thieves busted in Kriel

Power outage Saturday

(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects

Media sak toe op Middelburg

Video: Protesting begins

(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest

Update: Three major political parties to protest during coffin case

Update: Juju on his way to Middelburg

Update: Prepare for chaos

Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version