CrimeUpdate

Opvolg: Gevaarlike misdadiger ontsnap tweede keer!

Net ’n dag nadat ’n plaasaanvaller gevonnis op aanklag van ontsnapping, het hy weer ontsnap!

www.mobserver.co.za het gister berig dat die moordenaar en verkragter, Mduduzi Nkosi, gedurende die naweek ontsnap en Maandag weer aangekeer is. Hy is in Klarinet (eMalahleni) weer vasgetrek.

Ons het pas betroubaar verneem dat ’n tweede gevaarlike misdadiger egter saam met hom ontsnap en steeds op vrye voet is!

Dit net ’n dag nadat hy skuldig gepleit het op aanklag van ontsnapping in die Middelburg C-hof.

Linda Michael Cele (32) en Sibusiso Nicholas Ngcane (33) het ’n sel gedeel met Nkosi.

Die voorbladberig wat vroeër vanjaar in die Middelburg Observer verskyn het rakende die ontsnapping.
Die voorbladberig wat vroeër vanjaar in die Middelburg Observer verskyn het rakende die ontsnapping.

Na wat verneem word het Cele en Nkosi die boonste gedeelte van die seldeur by die Paxton gevangenis oopgesny en ontsnap. Ngcane het nie ontsnap nie.

Cele en Ngcane het Vrydag in die C-hof skuldig gepleit op aanklag van ontsnapping nadat hulle op 25 Julie vanjaar by die hof ontsnap het.

Hulle is middel Oktober in Soshanguve gearresteer en is Vrydag gevonnis.

Daar is twee jaar bygevoeg op die 20 jaar vonnis wat hulle besig was om uit te dien toe hulle vroeër vanjaar ontsnap het.

Cele en Ngcane het 20 jaar tronkstraf gekry na aanleiding van die plaasaanval op mnr. Josef Poolman in 2013.

Nadat hulle in Julie gevonnis is, moes hulle nog in Nelspruit verskyn rakende ’n roofsaak in Elukwatini in Desember 2013 waar ’n man doodgeskiet is. Die twee is saam met vier ander verdagtes op hierdie saak gearresteer.

• Nkosi het al drie keer vantevore ontsnap.

Mduduzi Nkosi het saam met Cele ontsnap, maar is Maandag weer gevang.
Mduduzi Nkosi het saam met Cele ontsnap, maar is Maandag weer gevang.

Daar is baie vrae wat tereg gevra kan word.

• Hoe is dit moontlik dat beskuldigdes wat ’n geskiedenis het van ontsnapping sáám in dieselfde sel was?

• Daar word verneem dat die tralies afgesaag is om uit te kom. Maar hoe het hulle verby die staaldeure, wat veronderstel is om gesluit te wees, gekom?

www.mobserver.co.za verstaan dat daar sedert gister ’n departementele ondersoek by dié gevangenis gedoen word.

Lees vorige stories hier:

Two escape custody after hefty sentencing

Lees ander nuus hier:

Protest over land erupt in Mhluzi

Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang

Video: Gemeenskap groet Pottie

Copper thieves busted in Kriel

Power outage Saturday

(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects

Media sak toe op Middelburg

Video: Protesting begins

(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest

Update: Three major political parties to protest during coffin case

Update: Juju on his way to Middelburg

Update: Prepare for chaos

Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

 
Back to top button