Video: Waar is polisie, munisipaliteit?

Lede van die Kanonkop Gemeenskaps Polisiëringsforum (GPF) het Vrydagnag voor die bordele in Meyerstraat saamgetrek.

Die een bordeel het dadelik hul hekke toegetrek en die vroue het in die motorhuis gestaan en wag.

By die ander bordeel het twee mans inderhaas in hul maroen Volkswagen Polo geklim en gery net om later weer te voet by die bordeel aan te kom.

‘n Besope sekswerker het in die straat gestaan en skree aan GPF lede om haar uit te los, sodat sy kan geld verdien vir haar vier kinders.

Sy is deur ander vrouens die perseel ingesleep, nadat sy met arrestasie gedreig is.

Skokfeite wat tydens die operasie vorendag gekom het:

• Daar was ‘n geskatte 20 tot 30 vrouens by elke bordeel. Dit blyk dat die vrouens wat in die straat staan letterlik net die oortjies van die seekoei is. Binne in die huise is daar verskeie kamers en buitekamers met vrouens daarin.

• Die opsigter by die een bordeel in Meyerstraat 35 (met silwer hekke) is gewapen.

• Dit blyk dat dit ‘n familie besigheid geword het omdat die bordeel in Meyerstraat 35 en die bordeel in Bhimy Damanestraat deur pa en seun bedryf word.

• Die onwettige kroeg in Meyerstraat gaan voort met sake soos gewoonlik. Hulle het ‘n boete betaal en die drank wat die polisie met ‘n groot gejuig op beslag geneem het, is aan hulle terugbesorg.

Dit beteken dat die polisie geld maak uit die onwettige kroeg deur middel van boetes wat opgehef word, terwyl die kroeg nooit eintlik gesluit word nie en daar dus weer beslag gelê kan word op die drank in die toekoms. Hulle betaal dus ‘n fooitjie om in besigheid te bly.

• Daar is drank sowel as plastiekbekers met geld in opgemerk in die kroeg toe die Middelburg Observer daar was.

• Een van die vrouens het gesê dat hulle R200 per dag betaal om in die bordele te bly. Dit beteken dat die persone wat die sekshuise bedryf tussen R4 000 en R6 000 per dag uit die vrouens maak en R120 000 tot R180 000 in een maand. Daar is ook aangevoer dat daar polisiemanne is wat geld ontvang sodat hulle ongesteurd kan voortgaan met besigheid.

• Nie die munisipaliteit of die polisie doen iets oor die probleem nie ten spyte van talle kriminele en munisipale wette wat oortree word.

Volgens die Seksuele Ootredingswet is prostitusie of die bedryf van ‘n bordeel ‘n kriminele oortreding. Artikel 8 van die wet bepaal dat ‘n landdros ‘n uitsettingbevel kan toestaan, as daar ‘n aansoek gebring word wat die beëdigde verklarings van twee mense wat in die nabye omgewing van die bordeel bly asook die van ‘n polisie offisier of welsynswerker bevat.

Daar kan ook ‘n lasbrief vir die arrestasie van die persoon, wat vermoedelik die bordeel bedryf, uitgereik word met die verklarings.

Die Steve Tshwete Munisipale bywette stipuleer duidelik dat die bedryf van ‘n bordeel onwettig is.

Die polisie het nog nie amptelik kommentaar gelewer op ‘n media navraag, wat nou drie weke oud is, oor hoekom daar niks aan die prostitute wat half naak rondloop, gedoen word nie.

Hulle is ook gevra om kommentaar te lewer oor bewerings van polisie betrokkenheid en omkopery, asook wat die doel van die operasie by die onwettige kroeg was, as hulle steeds onverstoord voortgaan met sake.

Kapt. Khanyisile Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê dat die navraag by die polisie se regsafdeling lê en dat dit eers verwerk moet word.

Sy het die publiek versoek om foto’s van vrouens wat half naak of uitlokkend voor die bordele staan te neem, sodat die polisie hulle kan opspoor.

Die munisipaliteit is ook om kommentaar genader. Prudence Magutle, munisipale woordvoerder, sê dat daar iets daadwerkliks gedoen moet word. Sy het ook die navraag na die regsafdeling gestuur, sodat daar na oplossings gesoek kan word.

Inwoners in die omgewing het die GPF geprys vir hul optrede.

Video: Aksie teen prostitute

Video: Prostitutes ‘fight over client’

Sex trade booming in Middelburg

‘Everyone is buying sex’

Update: ‘Sex house’ no secret

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

Exit mobile version