Hondsaak – man nooit vervolg

Die man wat in 2011 'n klag van bestualiteit in die gesig gestaar het, is nooit vervolg nie.

Shaun Lee Bezuidehout wat destyds in eMalahleni woonagtig was, is in Middelburg in hegtenis geneem, nadat hy op heterdaad betrap is terwyl hy omgang met ‘n boerboel teef gehad het.

Mense by ‘n huis in Zuidstraat het onraad vermoed toe hulle die hond hoor tjank het.

Toe hulle oor die muur loer om ondersoek in te stel, het hulle die man na bewering in die daad gevang.

Die hond se eienaar was tydens die voorval in die hospitaal vir behandeling.

Sedert Bezuidenhout se eerste verskyning in die hof in Julie, is die saak verskeie kere uitgestel.

Dit is ‘n jaar gelede voorlopig van die hofrol verwyder nadat daar navrae was oor sekere aspek van die dossier.

Die dossier is sedertdien vir opvolg na die polisie teruggestuur, maar nooit weer hof toe gestuur nie.

Daar heers onduidelikheid by die polisie oor wat die status van die dossier is. Die polisiewoordvoerders kon nie voor druktyd daarop reageer nie.

Exit mobile version