Hy kom met ‘n hamer

“Mduduzi kom nie na ‘n toneel en hang net daar rond nie, hy kom met ‘n hamer. Dit is ‘n definitiewe kenmerk. Een van my ander kliënte het sy vinger verloor nadat Mduduzi hom herhaaldelik met ‘n hamer geslaan het.” So sê mnr. Danie Schutte wat optree as prokureur vir slagoffers van geweldadige aanvalle waarmee …

“Mduduzi kom nie na ‘n toneel en hang net daar rond nie, hy kom met ‘n hamer. Dit is ‘n definitiewe kenmerk. Een van my ander kliënte het sy vinger verloor nadat Mduduzi hom herhaaldelik met ‘n hamer geslaan het.”

So sê mnr. Danie Schutte wat optree as prokureur vir slagoffers van geweldadige aanvalle waarmee Nkosi positief verbind word.

Mnr. Schutte sê in sy 21 jaar as prokureur was hierdie aanvalle uniek omdat hy in meer as een van die gevalle sy slagoffers met ‘n hamer bygedam het.

“Die aanvalle met die hamer is uitsonderlik. In baie aanvalle word pangas gebruik, maar Nkosi kom met ‘n hamer. Jy kom nie met ‘n hamer na ‘n plek om vleis te braai nie! ”

Mnr. Schutte sê Nkosi se ontsnapping in November 2013 is ‘n aanduiding dat hulle sterk sake teen hom het. “‘n Mens ontsnap nie as jy besig is om ‘n saak te wen nie!”

In een van die sake waar sy kliënt gedurende Desember 2013 met ‘n hamer toegetakel is, is die getuienis teen Nkosi uiters verdoemend (hy wou nie uitbrei nie, aangesien die feite wat teen Nkosi tel, nog nie in die hof bekend gemaak is nie).

•Mnr. Johan Venter is op 22 Januarie 2010 in sy huis doodgeskiet en sy vrou, Rentia, ernstig gewond.

Op hierdie saak, sê mnr. Schutte, kan Nkosi ook nie die feite uitwis nie.

“Hy het ‘n bekentenis afgelê, uitwysings is gedoen én ‘n staatsgetuie het gesê dat hy die aand van die moord vir Nkosi by die huis afgelaai het.Die ander beskuldigde in die saak, Given Chisiko, het skuldig gepleit en is 30 jaar tronk toe gestuur. Hy het Nkosi reeds as medepligtige uitgewys!”

Die aanval op mnr. Deon van der Merwe en me. Catharina Fourie is die tipiese werk van Nkosi, sê mnr. Schutte.

Hy is van mening dat die polisie ‘n spesiale taakspan moet saamstel om Nkosi vas te trek, “want hy is uiters gevaarlik!”

• Mnr. Schutte tree namens twee van die slagoffers op in ‘n saak teen die staat.

“‘n Gevaarlike misdadiger het destyds ontsnap deur nalatigheid en die basis van ons saak is dat hierdie nalatigheid trauma veroorsaak het.”

Nkosi het in 2009 ook ontsnap en in hierdie tyd was die wreedaardige aanvalle en moord op mnr. Venter.

Kort na die moord is Nkosi weer gearresteer, maar hy het in November 2013 wéér ontsnap: dié keer uit die polisieselle op Middelburg.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version