News

Potjiekos- en boerewors kampioene gesoek

Wie in Middelburg kan die lekkerste potjiekos aanmekaar slaan of is die koning van boerewors maak?

As jy seker is jou pot of wors is die beste, moet jy so gou as moontlik inskryf vir Laerskool Middelburg se Wees Wakker Potjiekos- of boerewors kompetisies.
So sê een van die organiseerders, Ben van der Merwe. Hy het vertel hoe die kompetisies werk.

Boereworskoning:

Die boereworskampioen kompetisie word op 6 September gehou en deelnemers moet al 16:00 daar wees.

Daar is twee kategorieë waarvoor ingeskryf kan word. ’n Professionele afdeling, waar spesifiek slaghuise hul staal kan wys en ’n amateur-afdeling waarvoor enige ander persoon kan inskryf.

Om in aanmerking te kom, moet jy drie kilogram wors maak.

Op die dag van die kompetisie, moet jy dit self voorberei en dan opdien met bykosse vir die beoordelaars.
Kole en roosters sal voorsien word.

Potjiekoskampioen:

Dié kompetisie is op 7 September (Saterdag) en deelnemers moet al om 12:00 by die Watergat wees.

Dit maak nie saak watter proteïne gebruik word nie, maar dit is belangrik om daarop te let dat ten minste ’n nommer vier pot gebruik word.
Potte moet gereed wees om 18:00 vir beoordeling.

•Groot pryse is op die spel vir beide kompetisies, maar is daar net plek vir 20 inskrywings by elke kompetisie.
Die inskrywings beloop R500 per inskrywing, wat twee toegangskaartjies insluit.

Inskrywings (en navrae rakende die reëls) word gedoen by Michelle Venter bel by 013 282 5298 of 084 800 2669 of stuur ’n e-pos na bemarking1@lsmbg.co.za.

 

 

 

 

Lees ook:

Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ‘n vrytjie

Stoffbergpad eis nog ‘n lewe

KYK: Spoke laat prostitute en inbrekers vlug

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button