News

Selfmoord: Daar is hulp!

Binne vyf maande het nege mense selfmoord gepleeg op Middelburg.

Past. Callie Joubert (leraar Lofdal Gesinskerk en Nooddienste Kapelaan) het hoop gegee vir ander wat in ‘n sielestryd van depressie staan.Hy sê dat selfmoord reeds van die Bybelse tye afkom.

Hy vertel van Saul, die Koning van Israel, wat die Woord van God verwerp en sonde gepleeg (1 Sam. 15) het. Uiteindelik eindig sy verhaal tragies deurdat die Filistyne teen Israel geveg het en Saul en sy seuns agterna gesit is (1 Sam. 31).

Lees ook: Suicide in South Africa: 23 people die every day

“Angs en depressie het Saul beetgepak en hy, sowel as sy wapendraer, het hulself met hul eie swaarde gedood.”

Past. Joubert sê uit eie ondervinding is daar, volgens hom, ‘n paar oorsake van selfmoord.

•Depressie, moontlik afkomstig van dinge wat met mense gebeur, soos angs, molestering, verwerping, egskeiding, werkloosheid en selfs verlies van geliefdes.
“Verskeie eksterne faktore gryp mense vas en hulle verloor alle hoop. Psigiese toestande soos byvoorbeeld ‘n chemiese wanbalans kan ook lei tot depressie.”

Lees ook: Antidepressants may be making your depression worse

•Verslawing kan ook daartoe lei.
Hy sê dit begin gewoonlik baie onskuldig en in sommige gevalle net deur nuuskierigheid.
“Later word die greep van verslawing aan dinge soos dwelms en alkohol só erg dat die gebruiker daarvan met geweldige berou sit maar nie weet hoe om daarvan ontslae te raak nie. Vir baie is selfmoord die enigste uitkoms.”

•Volgens hom kan krisisse in verhoudings en verwante omstandighede lei tot menslike foute, verkeerde optredes en uiteindelik selfmoord.

•”Ongeneeslike liggaamlike siektetoestande lei dikwels tot moedeloosheid as gevolg van die pynlike belewenis daarvan. Dit kan tot selfmoord lei.”

Lees ook: Vlaag selfmoorde duur voort

Stof tot nadenke

Past. Joubert sê hy wil graag ‘n waarskuwing rig aan diegene wat selfmoord oorweeg.
“Dink maar aan jou geliefdes wat agterbly. Hoeveel smarte, pyn en trauma jy nalaat wanneer jy ‘n einde aan jou lewe maak.”

Hy wil dit duidelik stel dat daar hoop en oplossings is. “Die gees, siel en liggaam van die mens kan genesing ervaar.”

Past. Joubert haal uit die Bybel hierdie hoop aan.
3 Joh.1:2: “Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is soos dit met jou siel goed gaan.”
Hy sê hy wil uitroep dat daar in Middelburg en omgewing oral hulp beskikbaar is.

Lees ook: Are you or someone close to you suffering from severe anxiety

“Pastorale beraders, nooddiens kapelane, predikante en hulpgroepe, mediese praktisyns, sielkundiges en somtyds jou eie vriendekring, staan gereed om jou te help. Maak vandag nog kontak met een van hulle!”

•Oktober is Geestesgesondheid bewustheid maand en bied die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep ook hul hulp aan.

Vir navrae oor berading by die SADA-groep, stuur ‘n e-pos na mnr. Zane Wilson by zane@sadag.org.
Beraders is vanaf Maandag tot Sondag (08:00-20:00) beskikbaar by 011 234 4837 of stuur ‘n faks na 011 234 8182.
Vir ‘n noodgeval om selfmoord te voorkom, kontak hulle by 0800 567 567 of hul 24 uur Hulplyn by 0800 12 13 14.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button