News

Straatrowers bedrywig by Poskantoor

Straatrowers ruk nie meer net aan deure nie, maar spits hulle nou op bejaardes toe wat in rye staan vir Sassageld by die Poskantoor.

“Hulle het die beursie gegryp, dit vir mekaar gegooi en oorkant die pad rustig gaan staan, die geld uitgehaal en weer die beursie vir my man teruggegooi,” vertel ’n omgekrapte me. Bettie Jordaan.

Sy en haar man, Piete, het Dinsdag haar bejaarde ma, Hannetjie van Wyk (81), vir die tweede keer daardie dag teruggevat Poskantoor toe om te kyk of sy haar Sassageld kan kry. Vroeër die dag was hulle van lyn af en moes die bejaardes terugkom.

Lees ook: NIE VIR SENSITIEWE KYKERS: Wurms loop uit wonde

Hulle was net ’n klein rukkie daar, toe ’n booswig me. Van Wyk se beursie uit haar sak gryp. Mnr. Jordaan het probeer keer, maar hy is weggestamp.
Die grypdief het die beursie deurgegaan en die R100 wat daarin was gevat. Die oomblik toe mnr. Jordaan naby is, het hy die beursie vir hom teruggegooi en laat spaander.

“Dit gaan nie oor die R100 wat gesteel is nie, dit is ’n hengse skok vir haar en ons gewees. Daar sal iets gedoen moet word, want daar staan honderde mense dié tyd van die maand om hul Sassageldjies te kry en daar is geen sekuriteit of polisie daarbuite nie.”

 

Lees ook:

VIDEO: Gys groet na 26 jaar

Donkie tref Marble Hall burgemeester se Audi

Nigerian assassinated in front of house

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button