News

Waar is ons broers?

Drie vroue soek al vir jare na hul broers wat spoorloos verdwyn het.

•Dié week het me. Lynette van Vuuren vertel dat sy steeds elke dag wonder wat van haar broer, Leon Bester (nou 61), geword het.
Hy het op 24 Desember 2004 met ’n rugsakkie vanaf hul huis verdwyn nadat hy gesê het hy gaan by sy dogters in Alberton kuier. Hy het nooit daar opgedaag nie en nooit weer van hom laat hoor nie.

Leon Bester, wat homself ook soms Leonard Clarke genoem het, het 14 jaar gelede verdwyn.

Hulle vrees dat hy moontlik dood is, aangesien hy destyds geëksperimenteer het met dwelms, waaronder tik, kokaïne en heroïne. Hy het ook alkohol misbruik.
Sy vra dat as enigiemand weet waar hy hom bevind of dalk weet of hy oorlede is, om haar te bel by ….

•Me. Anita Myburgh het www.mobserver.co.za verlede week gekontak en gevra of hulle vir haar kan help soek na haar broer, Jasper Frederick Botha.
Sy het hom 35 jaar gelede laas gesien by die Zimbabwe-grens.
’n Familielid het op ou Middelburg Observer koerantberigte van 2004 afgekom waar mense gekla het oor ’n ene “Jerry Botha” wat lang die N4 met ’n leë kannetjie geloop het.

Me. Anita Myburgh is opsoek na haar broer, wat almal sal onthou “Jerry Botha”, die man wat met die leë kannetjie langs die N4 geloop het.

Lees ook: Waar is Jerry met die kan?

Sy storie vir aalmoese was altyd dat hy ’’n veearts is en dat sy bakkie met vyf elandjies gaan staan het.” Dit was natuurlik ’n bogstorie.
Me. Myburgh het hom dadelik op die koerantfoto’s herken en gee nie om vir die stories nie. Sy wil net haar broer weer opspoor.
Sy is terug in Suid-Afrika en vra Jerry of enige persoon wat weet waar hy is, om haar te kontak by ….

•’n Vrou van Bloemfontein, me. Annemarie Kriel, was al ’n paar keer op Middelburg om na haar enigste broer, Kobus Barnard, wat Maandag 49 jaar oud word, te kom soek.
Hy het agt jaar gelede na sy pa se begrafnis op pad na Middelburg spoorloos verdwyn het?
Sy plaas gereeld op Facebookblaaie die vermiste persone blaadjie oor haar broer.

Kobus Barnard soos hy gelyk het toe hy agt jaar gelede verdwyn het.

Lees ook: Vrou kry nie haar broer nie

Me. Kriel glo dat hy dalk geheueverlies het en daarom nie met haar deur die jare kontak gemaak het nie.
Volgens haar het hy altyd van iemand se selfoon af boodskappe gelaat dat sy hom moet bel. Twee weke na hul pa se begrafnis in 2010 het hy ‘n boodskap gelaat en sy het hom gebel. Dit was die laaste keer wat sy ooit van hom gehoor het.

In Oktober verlede jaar het sy verneem dat hy in Middelburg gesien is en sy het hom kom soek.
Sy is ook na die polisie, waar hulle vir haar rekords gewys het waar hulle haar broer in 2010 gearresteer het vir dronk op straat en vroeër verlede jaar vir die gebruik van nyaope. Sy het haar broer herken op die foto van 2010 wat die polisie toe van hom geneem het.
Sy was geskok toe sy sien hoe erg hy agteruit gegaan het.

Me. Kriel sê haar broer is lank en skraal en het grys hare. Hy het ’n kenmerkende kroontjie in sy kuif.
Agter in sy nek is ’n rooi geboortevlek waar sy haarlyn eindig.
Op die sagte vleis tussen sy duim en wysvinger is daar die letters JJ (sy seun se voorletters) getatoeër. Hy het ook ’n tatoeërmerk van doringdraad op sy bo-arm.

Enige persoon wat dalk weet waar mnr. Barnard hom bevind, kan me. Kriel bel by 074 525 5298 of haar man, Pieter, by 082 4832953.

Lees ook:

 

VIDEO: Drie werk saam om handsak

Oom Arrie kielie die konsertina

Helikopterritte by Buiteleweskou

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button