News

Dwelms op bestelling

Tot vyftig dwelmtransaksies waarby hoërskoolleerlinge ook betrokke is, word daagliks by ’n meenthuiskompleks op Middelburg gedoen.

’n Nigeriese burger, wat in die kompleks bly, is uitgewys as die dwelmhandelaar.

Intussen het ’n betroubare bron, wat eerstehandse kennis het van die dwelmbedryf op Middelburg, aan www.mobserver.co.za gesê dat ’n groot besending dagga op die dorp aangekom het en die handelaars teiken veral skoolkinders.

Lees: Dwelms, moord, oorwinning

Dit is algemeen bekend dat ’n dwelmhandelaar elke dag naby ’n hoërskool sit vanwaar hy sy dagga verkoop.

Die Nigeriër by die meenthuiskompleks loop gereeld met sy foon rond en wag by ’n park vir aflewerings.

Lees: Dis wat dwelm-ouers aan kinders doen

Wanneer hy gekonfronteer word, spring hy vinnig met sy afstandbeheer knoppie by sy woonstelblok se hek in.

’n Bruin Ford Bantam bakkie, ’n blou Mazda 323 en ’n man wat ’n wit bromponie ry is gereelde kliënte.

Lees: VIDEO: Drugs makes woman dance

Daar is ook voorheen aan www.mobserver.co.za gesê dat ’n handelaar met die naam Prince aflewerings doen soos wat jy jou pizza bestel.

Een inwoner sê dat hy die afgelope drie jaar al met verskeie polisiemanne gepraat het, maar dat daar niks gebeur nie.

“Die handelaars gaan net aan met verkoop, want daar is niemand wat iets aan hulle doen nie. Hulle is nie eens meer bang nie.”

 

Lees ook:

VIDEO: Chaos toe toue voertuie wag om brandstof vol te maak

Golf bars deur kollege heining

Doctor killed, nurses stabbed at hospital

Vroue in hospitaal na maermaak prosedure

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button