News

VIDEO: Jong koedoe het kakebeen gebreek

Die storie van die koedoebul wat ’n dorp vanoggend tot stilstand gebring het, het ’n goeie einde.

Dr Tobie Spies, ’n veearts van Central Vet, het die koedoe verdoof en hy is reeds op pad na ’n privaat wildsplaas naby Loskop, waar hy vrygelaat gaan word.

Die koedoe het sy kakebeen gebreek, toe hy by die HTS Middelburg ouditorium afgespring het.

Dr Spies het die jong bul behandel, voordat hy in ’n trok gelaai is.

Voor sy besoek aan die skool het hy die dorp se strate ingevaar en ’n draai gemaak by die Engen Garage en die OK Grocer.

Hy het uiteindelik agter in ’n erf gaan skuiling soek, waar hy verdoof is.

Lees vorige storie hier: Video – Koedoe hol by skool se ouditorium in

 

Dr Spies behandel die koede se gebreekte kakebeen

 

Lees vorige storie hier: Koedoe het dorp op hol, want hy hol die hele dorp vol

 

 

Stories oor ander diere in die dorp:

Hou vas jou matras, daar is ’n bobbejaan in jou erf

Slang in kantoor

Wat stink so?

Hiert jou vlak-vark!

Video – Tierboskat in Kanonkop

‘My lief, daar is ’n mamba in ons kamer’

Back to top button