News
Wat soek ’n swartmamba hier?
Inwoners was verstom toe daar verlede week ’n beseerde swartmamba van sowat 2.5 m in Harry Gwalastraat (Dennesig) gevind is.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/92/2018/04/slang.jpg)
’n Voertuig het oor hom gery. Die mamba het kort daarna gevrek weens sy beserings.
Slangkenner Victor Boshoff (Herpetologiese Vereniging) het later gesê as die persoon oor die mamba se stert gery het, kon die slang hom gepik het, as die venster oop was.
Lees ook: Slang in kantoor
Middelburg is nie die natuurlike habitat vir swartmambas nie en bestaan die vermoede dat die slang saam met ’n voertuig uit ’n gebied soos Limpopo gependel het en gepoog het om by die veld uit te kom, toe hy raakgery is.
Lees ook: Man probeer slang op straat te verkoop
•Swartmamba’s is dodelik giftig en word gesien as Suid-Afrika se giftigste slang. As ’n persoon gebyt word, moet hy vinnig anti-serum kry, anders sal hy beslis sterf.
•’n Mamba van drie meter lank is in Februarie in Presidentsrus, net buite Middelburg, gevang.