News

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Dirk Grobler, die Belfast Boef, word landwyd gesoek nadat hy die Belfast gemeenskap uit duisende rande bedrieg het. 

Grobler het onder die naam Porkey Productions, die hele Belfast in rep en roer gehad toe hy aankondig dat hy ’n lentefees wat oor drie dae sou strek, daar wou reël.

Hy het talle plaaslike besighede ingekatrol en by ander feeste geboer om uitstallers te werf.

Net voor die fees sou plaavind, van 22 – 25 September, het Grobler skielik verdwyn. Hy het ’n werknemer van die Pig & Pickle in Belfast se sleutels gesteel en is vort met haar kar en derduisende rande wat deur uitstallers en borge aan hom betaal is.

Dit het intussen aan die lig gekom dat hierdie nie die eerste keer was wat hy die wet oortree nie. Hy het ’n string kriminele klagtes in die Wes Kaap, onder andere Hermanus, waar hy aan diefstal skuldig bevind is.

 

wanted
Indien jy weet waar Dirk Grobler is, bel die Belfast polisie.

 

Grobler het tot al tyd agter tralies spandeer as gevolg daarvan.

Sy Facebook blad Porkey Productions is intussen uitgevee asook sy Facebook profiel onder die naam Porkey Porktjops. Dit is egter nie vinnig genoeg gedoen om te verhoed dat iemand ‘n paar foto’s van hom kon stoor nie.

Indien jy weet waar Grobler homself bevind of die polisie met enige inligting oor hom kan help, kontak a.o. Willie de Waal van die Belfast polisie by 083 331 9591.

Vorige storie oor Dirk Grobler:

Porkey is die vark in die verhaal

 

Ander nuus:

Seun sterf na val van bakkie

Gee ’n hond ’n huis!

Trane soos riviere by prysuitdeling

Geliefe aan die dood afgestaan? Kerke vat hande om die ondraaglike draagliker te maak 

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button