News

Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl honger kind kyk bly in aanhouding

’n Agtjarige meisie is met bebloede boude sonder onderklere gevind terwyl haar nege maande oue boetie se doek vol bosluise en insekte was.

Hul pasgebore bababoetie van ses dae oud, het nie ’n druppel kos in sy maag gehad nie. Saam moes hulle tussen hondeontlasting en vrot kos op die matte sit en lê.

Lees: Ouers staar nou kriminele klag in die gesig

Die meisie was nooit in die skool nie en is op soveel geleenthede na bewering deur haar 44-jarige pa verkrag, dat sy by polisiemanne gepleit het om haar nooit weer terug te stuur huistoe nie.

Ouerpaar saam aangekla

Die ma van 33 word saam haar man aangekla op vier klagtes van verkragting. Hulle staar ook klagtes van seksuele aanranding, seksuele rypmaking en kinderverwaarslosing in die gesig.

www.mobserver.co.za het voorheen berig dat die ouers na bewering gereeld voor die dogtertjie geëet het terwyl sy honger moes toekyk.

Toe die maatskaplike werker by die huis opdaag, het sy ’n bad met vuil water vol sigaretstompies gevind.

Diere hare in kinders se gegigsholtes

Die pasgeborene was swak en ondervoed, maar paramedici moes eers klosse hond en kathare uit die kind se neusholtes, mond en ore verwyder, voordat hulle noodbehandeling op hom kon doen.

Lees: Ouers eet glo terwyl dogtertjie honger moet sit en kyk

Die maatskaplike werker het self die dierehare uit die ouer bababoetie se gesigsholtes verwyder, en ook die dogtertjie gebad voordat haar geslagsdele behandel kon word.

Kinders verwyder, ouers vlug

Nadat die kinders uit die ouerpaar se sorg verwyder en in pleegsorg geplaas is, het hulle oornag uit die huis getrek.

Lees: Kindermishandeling – Al drie kinders veilig

Hulle is in eMalahleni by ’n familielid gearresteer.

Nadat die familielid verneem het van die klagtes teen die ouers, is hulle ook dié huis belet weens die feit dat daar twee jong dogtertjies woon.

Die ouers het in die hof verskyn waar borg geweier is.

Ander nuus:

Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl kinders honger moet toekyk, bly in aanhouding

Eskom power cuts the whole town

Weather for the week

Want breaking news on the go?

Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button