EntertainmentLifestyleNews

Matrieks, vat daai verdiende naskool vakansie by Loskopdam!

Matrieks, luister hier! Ons weet jy wil jou skoolloopbaan afsluit met nie een nie, maar stringe partytjies.

En jy verdien dit na al jou harde werk.

Die ekonomie is egter in sy maai. Die see is ver en petrol is duur. Wat nog te praat van binneseisoen seeverblyftariewe!

Net hier anderkant die bult lê Forever Loskopdam, en dié oord verstaan jou lus en gaan vir hom behoorlik blus met die eerste Loskoppertjie Matriek Rage wat vanjaar spesiaal vir jou gehou word.

So tag jou ma en pa gerus op dié plasing, want dis ’n geleentheid wat nie gemis kan word nie.

Die Loskoppertjie Rage vind van 1 tot 4 Desember by Loskopdam plaas.

Van skuimpartytjies tot lewendige vermaak, dit gaan ’n Rage wees om te onhou.

Loskopdam maak die oord spesiaal toe vir gaste vir die Rage.

Naas biertente sal daar ook ’n drywende kroeg wees.

Meganiese bulle, tattoërkunstenaars, ’n opblaas Warrior baan en selfs ’n kamma troukapel is maar van die aktiwiteite waarna uitgesien kan word.

Kostes beloop R1650 per persoon wat ’n chalet deel vir drie nagte.

Die goedkoper opsie van R995 vir kampstaanplek is ook beskikbaar.

Pa en ma, moenie komkommer nie! Opgeleide mediese personeel sal gedurende die hele Rage beskikbaar wees en elke liewe staflid van Forever Loskopdam is aan diens.

• Gaan kyk gerus wat jou opsies is op www.loskoppertjiematricrage.co.za 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button