News

Man verdwyn skielik na inbraak

Twee vroue, een in Middelburg en een in Gauteng is op soek na ’n man wat net verdwyn het na ’n bakkie gesteel is en ingebreek is by die ander se blyplek.

Me. Christine Button beweer die man (wie se naam weerhou word omdat hy nog nie aangekla is nie) sê die man het by haar gebly in Gauteng. ’n Ruk nadat hulle uitmekaar is, is haar bakkie by haar werk gesteel. Met haar tuiskoms was haar spaarsleutel, wat sy tuis versteek het, ook skielik weg.

Sy het aan die polisie gesê dat sy vermoed dat dit hy was wat die Nissan NP 200 bakkie gesteel het, maar dat sy dit nie kon bewys nie.

Haar vermoedens is hierdie week bevestig toe me. Ann Emmerich met haar via Facebook kontak gemaak het rakende die man.

Daar is by mev. Emmerich ingebreek in die tyd wat sy Maandag by die haarkappers was.

Die man, wat met haar al maande op “We Chat” gesels het, het Sondag by hulle oorgeslaap met die storie dat hy vir ’n onderhoud in Middelburg moes kom.

Wat het van dié man geword wat verdwyn het nadat hy daarmee gekonfronteer is dat daar videomateriaal is wat wys dat hy later alleen terug is na ’n meenthuis. Daar is op dieselfde dag ingebreek by die betrokke meenthuis.

Hy wou die hele tyd weet waar sy was en het selfs aggressief geraak. In die tyd wat hy kamtig vir die onderhoud was, is daar by me. Emmerich ingebreek.

Videomateriaal het later gewys dat dieselfde man waarmee sy bevriend geraak het, by die meenthuis was in die tyd wat daar ingebreek is by haar. Die man het dadelik opgehou om met haar te gesels toe sy vir hom sê daar is videomateriaal van die inbraak.

Die oomblik toe me. Button die bakkie via die videomateriaal sien, het sy dadelik haar bakkie herken.

“Hy het die nommerplate vervals, maar dit is beslis my bakkie!” het sy uitgeroep toe sy dit sien.

Die bakkie lyk groen op die foto’s (weens die helder sonlig), maar dit is donker steenkoolkleurig. As iemand die bakkie sien, kan hulle me. Button bel by 072 987 5423.

• ’n Meer vollediger berig oor die gebeure kan gesien word in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

Back to top button