EntertainmentLifestyleNews

Kaartjies by deure beskikbaar vir Nul is Nie Niks nie

Daar is goeie nuus! Kaartjies vir die film Nul is Nie Niks nie is nog teen R40 vanaand by die deure beskikbaar!

Die rolprent word tydens ’n eenmalige vertoning, in die ouditorium van Corpus Christi gemeente op die grootskerm vertoon.

Kaartjies kos R40. R15 word vir Choc (Children’s Haematology Oncology Clinics) wat nou saam met die SA Kinderkanker Vereniging werk, en R5 vir die plaaslike Hospice geskenk.

Diegene wat wil seker maak hulle het voor die tyd kaartjies kan dit nog by die Middelburg Observer in Meyerstraat kom koop of by die Kanonkop Engen vulstasie.

Die storie handel oor die vriende, een met Hodgkins se siekte, wat as laaste wens van die siek vriend hul eie zombie film in die verlate strate van ’n moeë plattelandse dorpie skiet.

Dit gaan oor die lewe, die dood en alles tussenin.

Van 18:00 vanaand sal kaartjies beskikbaar wees by Corpus Christi se deure. Die rolprent sal om 19:00 begin draai.

Springmielies, sjokolade en koeldrank sal voor die tyd te koop wees.

Daar is nie bespreekte sitplekke nie en die 1000 sitplek ouditorium bied genoeg sitplek vir almal.

Diegene wat gou koud kry moet ’n warmding saambring.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button