News

Toyota bakkie verdwyn

As jy ’n Toyota Hilux bakkie ry maak hom met kettings vas.

 

Dit het ’n Toyota eienaar Saterdagoggend besef toe die Toyota waarmee hy vanaf Nelspruit in Pretoria gaan kuier het, in die middernagtlike ure gesteel is. Hy het versoek om anoniem te bly.

Verskeie rolspelers in die motorbedryf sê nou dié bakkies is uiters gesog by motordiewe.

Dit is nie die enigste Toyota bakkie wat oor die naweek verdwyn het nie, daar is nog twee by ’n kerk gesteel.

Binne twintig minute nadat Netstar in kennis gestel is dat die bakkie in gesteel is, is hy in ’n veld naby Soweto gekry.

Wat verstommend is, is dat die bakkie heeltemal gestroop is – net ’n dop en die enjin het oorgebly.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button