NewsUpdate

Opvolg: Ingewande peul al by maag uit

Daar is steeds geen uitkoms vir Louis Greyling nie, wat so groot breuk het dat dit by sy maag uithang.

Mnr. Greyling het in Oktober 2015 kom hulp soek by die Middelburg Observer. Hy sê dat die breuk van sy eerste onderhoud met die koerant tot nou, nog groter geword het.

Die breuk het hom reeds 19 jaar gelede begin probleme gee, toe hy by Eskom gewerk het. Daar was ‘n dispuut of hy die besering aan diens opgedoen het en hy het later bedank sonder dat die breuk behandel is. Dit het begin om sy werksvermoë te beïnvloed en niemand wil hom in diens neem nie.

Die breuk, wat al ‘n gat in sy maagwand is, laat van sy ingewande daar uitpeul.

Terwyl sy vrou bedags ys pak vir ‘n paar rand, is mnr. Greyling en sy maag gestrand by die huis.

“Ons was al oral, tot by Good Morning Angels, maar ons hoor net niks nie,” sê mnr. Greyling.

Lees vorige storie hier:

Louis wil breek van breuk

Back to top button