News

Inwoners gaan by dam bid

Die watersituasie op Middelburg is besig om kritieke afmetings aan te neem!

Inwoners op die dorp is bekommerd dat ons dieselfde pad as Kroonstad gaan loop, indien dit nie dringend reën in die opvanggebied nie. Kroonstad se water het opgeraak wat vir reuse menslike krisisse gesorg het.

Streng waterbeperkings is afgekondig, maar dit blyk dat verskeie inwoners steeds nie die erns van die situasie besef nie en nog steeds vrylik tuine natmaak.

Die Middelburgdam se watervlak daal daagliks, terwyl daar geen inloop is nie, omdat bitter min reën die afgelope twee weke in die opvanggebied, Hendrina, geval het.

Die Observer is besig om ’n ondersoek te doen na die watersituasie en sal in sy Vrydaguitgawe ’n berig daaroor publiseer.

• ’n Groep inwoners het nou besluit om saam by die Middelburgdam vir reën te gaan bid.

Corpus Christi gemeente in Aerorand is besig om die gebedsgeleentheid te reël en vra dat inwoners om 18:30 more-aand (Woensdag) saam by die dam gaan bid.

Lees ander stories hier:

So lyk mooi jong mense wat deur dwelmdraak vernietig vernietig is

Roudiens vir Hendrik

Another twist in Lahleni Lakes saga

Video: Hoe ry die motoriste? Sukkel – sukkel om die sirkel.

Video: Elektriciteit in die lug!

Honde vergiftig

Video: Donkie gebore tydens ongeluk

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button