CrimeUpdate

Opvolg: De Necker verdagtes laat gaan

Daar is so pas verneem dat die vier verdagtes, drie mans en ’n vrou, wat in verband met die moord op Pierre de Necker gearresteer is, laat gaan is sonder dat hulle aangekla is.

Mnr. De Necker se pa, Leon, het vroeër aan www.mobserver.co.za vertel dat hy self bewysstukke op die toneel bymekaar gemaak het en na die Belfast polisie gevat het nadat sy seun dood is.

Verdagtes sou vandag (Dinsdag) in die hof verskyn het.

Dit is op hierdie stadium onduidelik hoekom die verdagtes in ’n moordsaak, gearresteer word, daar waarskuwingsverklarings geneem word, en hulle dan vrygelaat word sonder om aangekla te word en in die hof te verskyn.

www.mobserver.co.za wag tans vir ’n antwoord van die polisie.

Lees vorige storie hier:

(Opvolg) Video: ‘Soos hond’ dood geslaan

(Grafiese inhoud) – ‘My kind is soos hond dood geslaan’

Lees ander stories hier:

Eid Mubarak to our Muslim readers

Video: Security guards must move

Complaints againts ABSA on the rise

Five suspects in handcuffs escapes police custody

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button