News

Slang sorg vir opwinding tydens sporttoer

’n Tamaaie slang het gesorg vir groot opwinding tydens ’n groep hokkiespelers van die Hoër Tegniese Skool Middelburg se toer by Camp Discovery, aan die buitewyke van Pretoria.

Aida Willemse, wat saam met die hokkie seuns en meisies gaan toer het, sê dat hulle Sondag op ’n wildbesigtigingsrit in Camp Discovery se reservaat gegaan het.

’n Reuse luislang van oor die vier meter is deur wildbewaarders in die veld raakgesien. Dit het geblyk “dat iets nie lekker was” met die slang nie en ’n slanghanteerder is ingeroep om hom te vang.

Die slang is toe met ’n voertuig na ’n swembad geneem, waar dit in die water gegooi is om te kyk wat skort met hom.

“Mens kon duidelik sien dat die een deel van sy lyf heeltyd bokant die water dryf en nie saam werk as die res van sy lyf beweeg nie,” het mev. Willemse vertel.

Volgens ’n wildbewaarder het dit gelyk asof van die slang se ribbetjies gebreek is.

Die slang is later na ’n reptielpark geneem.

(Een ding is seker, niemand het in die sssswembad geswem terwyl slang se kind daarin was nie).

Lees Engelse weergawe hier.

Lees nog verwante stories hier:

Inyonga! Claims: ‘Woman eaten by snake’

Brandweer hanteer slange

Leer alles van slange

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button