Crime

Opvolg: Bergman-sindikaat slaan weer toe

'n Jong sakeman van Krugersdorp is die nuutste slagoffers van die Bergman Vervoer-sindikaat.

Terrence Pretorius vertel dat hulle Donderdag 14 batterye ter waarde van R18 000 niksvermoedend aan ‘n werknemer van Koos Bergman oorhandig het.

Die vriendelike Bergman het hulle Donderdagmiddag gebel en gesê dat hy dringend op soek is na batterye. “Hy het ‘n besigheid vir sy pa begin wat parte en batterye in Bronkhorstspruit verkoop”.

Mnr. Pretorius vermoed dat daar vroeër iemand by hulle in die winkel moes gewees het want Koos Bergman het sekere dinge geweet wat hulle aan instap kliënte verduidelik.

“Ons is ‘n nuwe besigheid en het die omgewing met ‘n krag geslaan. Ons pryse is baie kompeterend en ons naam loop ons vooruit. Hy het toe hy gebel het gesê hy bestel by ons want hy hoor ons het die beste pryse.”

Die betaling is elektronies gedoen en ‘n bewys van betaling is aan mnr. Pretorius per e-pos aangestuur.

Een van sy werkers moes die batterye in Pretoria gaan aflaai. Daar is verduidelik dat hulle sou sukkel om by Bergman Vervoer te perseel uit te kom, omdat daar tans aan die pad gewerk word.

‘n Werknemer van Bergman sou die batterye in die parkeerarea van die Watloo Industriële park oplaai.

“Ons drywer sê dat hulle so te sê sy voertuig omsingel het. Hy was maar baie benoud en het die goed vinnig afgelaai en gery.”

Mnr. Pretorius het eers Maandagoggend agter gekom dat iets skort toe hy nie die betaling kon opspoor nie. Die bank het hom laat weet dat die rekeningnommer op die e-pos nie bestaan nie.

Hy het inligting oor die sindikaat op die Middelburg Observer se webblad gekry en besluit om die koerant te kontak. Hy het ook onderneem om ‘n saak van bedrog en diefstal by die polisie te gaan open.

Lees vorige berig:

Gawe oom lekker skelm

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button