Observer Daller
Hoërskool Ben Viljoen by Fast 5-netbaldag
Hoërskool Ben Viljoen netbalspanne eindig in die 10de en sesde plekke onderskeidelik in die Fast 5-netbaldag by Hoërskool Middelburg.
Hoërskool Ben Viljoen se o/15 en o/17-netbalspanne het aan Hoërskool Middelburg se Fast 5-netbaldag deelgeneem.
Ná ’n dag van opwindende netbal, eindig die o/15-span in die algehele 10de plek, met die o/17-span in die algehele sesde plek.
Die uitslae vir die o/15’s is as volg (Ben Viljoen uitslae eerste genoem): 15-19 vs Ligbron, 8-22 vs Ligbron A, 8-22 vs Hoërskool Middelburg, 17-8 vs Delmas, 19-20 vs Hoërskool Generaal Hertzog.
Die uitslae vir die o/17’s is as volg: 9-17 vs Hoërskool Middelburg, 15-7 vs Mandlas, 14-34 vs HTS Middelburg se Rooispan, 16-25 vs HTS Middelburg se Blouspan, 4-19 vs Hoërskool Delmas.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.