News

Meer as 30 watermeters in twee weke gesteel!

Daar is in die laaste twee weke meer as 30 watermeters gesteel, waarvan ses laasnag in Kanonkop en Dennesig weggedra is!

Mense sal moet ophou kla oor die watermeterdiefstalle en eerder self ’n ogie in hul omgewing begin hou.
So voel Juanitha Groenewald, die voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum.

Sy het vanoggend gemeld dat hulle laasnag patrollie gery het in Kanonkop, “maar sodra ons verby is in ’n straat, dan het hulle net eenvoudig die watermeters gesteel!” het sy gemeld.

Die strate waar watermeters laasnag gesteel is, sluit in: Bokmakierie-, Lilian Ngoyi-, Sipres-, Piet Grobler-, Verkenner en Leydsstrate, asook Sasolstraat (in Sentraal).

Juanitha sê dit is onmoontlik om net met ’n paar voertuie per nag patrollies te ry en dan te verwag om al die misdaad, soos die diefstal van watermeters, te voorkom.

Lees ook: Dwelmverslaafdes, haweloses teiken watermeters

“Dit kos niks om by die GPF aan te sluit nie. Jy hoef nie eers lid te word nie. Klim net in jou kar en ry ’n blok of twee in jou omgewing! Dit sal al klaar ’n verskil maak.”

Sy het ook melding gemaak van die baie inbrake tans in Kanonkop.

Lees ook: Slaap met een oog oop, want bende slaan elke nag toe!

Vir navrae rakende die GPF se werksaamhede in Kanonkop en Dennesig, skakel Tiny Louw by 071 227 5491

• Arthur Hill (Dagpatrollie) het beaam wat Juanitha gesê het en meld dat hul reaksielede baie bedrywig is die laaste ruk met die inbrake en diefstalle van watermeters by van hul lede.

Hy het selfs sover gegaan as om ’n gratis maand en ’n half (van nou tot einde November) aansluitingsfooi vir nuwe lede aan te bied, sodat hulle kan hulp verleen, waar nodig.

Vir engie navrae oor die Dagpatrollie, skakel Arthur by 083 870 9693.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button