News

Video: Biltong die Brahmanbul kuier in Kanonkop

Daar is biltong in ons midde!

’n Pragtige Brahmanbul loop tans rond in die veld langs Proteastraat (Kanonkop) en motoriste word gemaan om versigtig te wees.

Die bul het homself gemaklik gemaak in die veld tussen die honde opleidingskamp en die daghospitaal.

FOTO: Sjani Campher.

Hy het bevriend geraak met ’n veereier, wat hom tans geselskap hou.

• Die Veediefstal- en Bedreigde Spesie-eenheid is in kennis gestel.

Die bul lyk goed vesorg.
Die brandmerk kan op hierdie foto gesien word.
@middelburgobserver

A brahman is on the loose in Kanonkop, near Kees Taljaard. Proper authorities have been notified.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button