Observer Daller
Hoërskool Ben Viljoen atlete by inter-provinsiale landloopbyeenkoms
Vyf landlopers van Hoërskool Ben Viljoen het deelgeneem aan die Interprovinsiale landloopbyeenkoms by die Kees Taljaardstadion.
Hoërskool Ben Viljoen se langasems het aan die Interprovinsiale landloopbyeenkoms deelgeneem wat by die Kees Taljaardstadion in Middelburg plaasgevind het.
Die atlete het hul goed van hulle taak gekwyt en Vanessa da Silva eindig in die sewende plek vir vroue o/23.
Anné Marais behaal ’n 27ste plek in dogters o/15, met Omphile Tshikane en Kadmiel Lotika wat onderskeidelik ’n 30ste en 62ste plek behaal in die seuns o/17 afdeling.
Karel Minnie verwerf ’n 57ste plek in die seuns o/16 afdeling.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.