News

Video: Diewe kruip in erf in om kwad te steel

’n Vrou het vanoggend in die vroeë oggendure op haar sekuriteitskameras in haar huis in Essenhoutstraat (Kanonkop) gesien hoe diewe hul kwad uit die erf steel.

Riaana Robberts het in die laaste paar sekondes voor diewe met hul kwad weg gehardloop het, alles op hul CCTV-kameras in die huis gesien.

“Ek wou net die paniekknoppie druk, toe hulle opspring en die alarm-ogie hulle optel, waarna die alarm afgegaan en hulle met ons kwad weg gehardloop het!”

Riaana sê sy het gesukkel om te slaap, want haar man is uitgeroep werk toe.

Sy het op ’n stadium die kameraskerm in die kamer afgesit, omdat sy gedink het sy sal dalk makliker kan slaap as dit donker is in die kamer.

Omstreeks 03:00 het sy besluit om op te staan en maar weer die kameras aan te sit. Presies op daardie oomblik het sy gesien hoe drie booswigte op kruip, terwyl hulle besig is om die kwad by die erf uit te stoot.

Voor sy nog die paniekknoppie kon druk, het die alarm afgegaan. Die diewe het uitgehardloop by die hek met die kwad.

“Hulle was drie wat die kwad gesteel het. ’n Vierde een het buite wag gehou.”

Die kwad wat gesteel is.

Sy noem dat daar gisteraand om 19:20 een van die WhatsApp groepe gesê is dat daar persone in Eikestraat in die straat afgeloop en in erwe ingeloer het. “Vandaar af was ek baie onrustig.

Riaana meld dat dit die vierde jaar agtereenvolgend is dat daar by hulle ingebreek word en dat die diewe te midde van hul verhoogde sekuriteit, steeds ingekom het. Hulle het juis pas mure ook laat bou.

Wat hulle dronkslaan, is dat die boosdoeners presies geweet het waar om in te gaan.

Die voorste hek is van die spoor afgehaal. Daarna het hulle deur ’n klein opening tussen die muur en die agterste hek op die erf deurgeskuur om daardie hekslot van binne af oop te breek om by die kwad uit te kom. Boonop is die slot met ketting, wat om die kwad was, oopgebreek.

• As enigiemand die kwad, ’n 400cc Suzuki LTZ, iewers opmerk, skakel Riaana by 076 598 1359.

Riaana sê sy het ’n ruk gelede ’n WhatsApp straatgroep vir die inwoners in Essenhoutstraat begin sodat almal wat in die straat bly, mekaar kan inlig as daar iets in die omgewing gebeur.

• Daar is verneem dat daar ook twee motorfietse twee aande gelede in Oribistraat, waarin Essenhoutstraat doodloop, gesteel is en dat daar gister by ’n lapa in Essenhoutstraat ingebreek is. Op een van die groepe is daar ook gesê dat inwoners in Kanariestraat op hul kameras gesien het hoe iemand ’n motorfiets in die straat afstoot.

• In die laaste paar jaar was daar al talle voorvalle waar diewe in erwe ingekruip het om van fietse tot waterponies (Jetski’s) te steel.

Lees ook: Kyk hoe kruip dief met rooi tekkies op maag om waterponie te steel!

 

@middelburgobserver

Thieves break into a property in the Kanonkop area, and then crawl to avoid alarm detection. They made off with a quad bike

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

 

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button