News

Bok was ’n regte grapjas

Bok Booysen was altyd gereed ’n grappie.

Die bekende platejoggie, Bok Booysen, is verlede week oorlede.

Vriende van Jan (Bok) Booysen, het hierdie week gesê dat hulle sy joviale geaardheid en grappies sal mis.

Bok is op 25 September oorlede.

Dié bekende platejoggie (DJ), het al van jongs af musiek gemaak by partytjies in Gauteng en daarmee aangegaan toe hy in 2007 in Middelburg aangeland het.

Hy was tot met sy afsterwe die ‘DJ’ by Bok Highlander Bar in die Industriële area en het ook gereeld as platejoggie opgetree by Toe Word Ons Dors.

Bok was ’n ambagsman by Barloworld Equipment.

Sy vriende onthou hom as ’n vrolike, uitgesproke persoon, wat gewild was by almal. “Bok was ’n regte grapjas en niks het hom ooit ondergekry nie.”

Hy word oorleef deur sy verloofde, Marié Peyper. vier kinders, drie kleinkinders, sy ma en suster.

Die begrafnis is Saterdag (5 Oktober) om 11:00 by Toe Word Ons Dors.

  • Motorfietsryers wat saam met die stoet wil ry, moet vanaf 09:00 by Avbob bymekaar kom om 10:30 te vertrek. Die Mac’s President van Middelburg, André van der Merwe, sal die reëlings deurgee van hoe die motorfietse se formasie gevorm sal word.

Vir meer inligting, skakel Michelle Booysen by 083 604 1290.

 

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button