News

Diewe slaan toe in nag en steel hoop watermeters

Sewe watermeters is laasnag in Kanonkop gesteel!

Inwoners in Kanonkop word gewaarsku om lig te slaap, want die bende wat watermeters steel, spits hulle nou weer op dié uitbreiding toe.

Die gemeenskapspolisiëringsforum, Sektor 4 (Kanonkop/Dennesig) vra dat mense in die nagte moet reageer as hul honde blaf. Daar word voorgestel dat byvoorbeeld buiteligte aangesit word, as honde tekere gaan.

Tussen middernag en 01:30 is daar vyf watermeters in Springbokstraat, een in Duiker en een in Impalastraat gesteel.

• In die laaste paar maande is daar letterlik hordes watermeters in die dorp gesteel. Die diewe is agter die ou meters aan, wat koper in het. Al die nuwer watermeters is van plastiek.

• Tydens ’n onlangse onderhoud met Willem Kies (GPF, Sentrale Sakegebied) het hy gesê dat dit haweloses en dwelmverslaafdes is wat die watermeters aan is.

Lees ook:

Dwalmverslaafdes, haweloses teiken watermeters

Back to top button