News

Kanonvuur verwelkom Blitzbokke vir Erfenisvieringe

Die Blitzbokke het om 13:00 Hoërkskool Kanonkop besoek.

Die Blitzbokke was met kanonvuur verwelkom by Hoërskool Kanonkop vir die skool se jaarlikse Erfenisfees, waar die superhelde ook Saterdag sal uitdraf teen onder meer die plaaslike Bulldogs.

FOTO: Sjani Campher.

Die nasionale sewes-span het Maandag in die dorp aangekom en verskeie besoeke aan die gemeenskap gebring.

Vandag het leerders heeldag sit en hande vryf vir die sewes-helde om by Hoërskool Kanonkop hul buiging te maak.

FOTO: Sjani Campher.

Leerders is geleentheid gegee om foto’s saam met die Bok-brekers te neem.

Die volle program vir Saterdag se hoofaktiwiteite by Hoërskool Kanonkop, kan in hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer gesien word.

@middelburgobserver

Hoërskool Kanonkop gave a hero’s welcome to the bronze medal-winning Blitzbokke!

♬ original sound – MiddelburgObserver –

FOTO: Sjani Campher.
FOTO: Sjani Campher.
FOTO: Sjani Campher.
FOTO: Sjani Campher.
FOTO: Sjani Campher.
FOTO: Sjani Campher.
FOTO: Sjani Campher.

 

Back to top button