News

Een dood, twee beseer in vroegoggend ongeluk

Een persoon is dood en twee mense ernstig beseer in ’n ongeluk op die N4 tussen die Vandyksdrif- en Samora Machel afritte.

Die ongeluk het omstreeks 03:00 gebeur.

Na wat verneem word het die voertuig die pad verlaat en gerol.

Een persoon het gesterf en twee persone ernstig beseer in die ongeluk op die N4.

Die bestuurder van die bakkie het op die toneel gesterf en twee passassiers is met ernstige beserings na die Middelburg Hospitaal afgevoer.

• Daar is pas op die Traffic Alert WhatsApp-groep laat weet dat daar ’n trokongeluk was op die Stoffbergpad, naby die afdraai na Hunters Dream.
Motoriste word gemaan om stadiger te ry in die omgewing.

• Persone wat wil deel word van die Traffic Alert-groep, kan ’n WhatsApp stuur na Louwtjie Swart by 078 400 9517.

Die trokongeluk op die Stoffbergpad.

Back to top button