News

Erfenisweek en sewesfees saam Blitsbokke is volgende week!

Volgende week sal dit ’n miernes van bedrywighede wees by Hoërskool Kanonkop tydens hul Erfenisweek- en Sewesfees

Hoërskool Kanonkop se Erfenisweek begin vroeg volgende week, met die sewesfees wat die week op ’n hoë noot afsluit.

Die fees skop op 10 September af met ’n Pasta- en Wynaand saam met die Blitsbokke, waartydens daar gesels sal word oor hul deelname aan die Olimpiese Spele.

Woensdag, 11 September, ontmoet die Blitsbokke om 13:00 die skool se leerlinge.
Op 12 September is dit weer die gewilde gholfdag saam met die Blitsbokke met twee afslane om 07:00 en 12:30.
Marius Schoeman (Direkteur SA 7’s Rugby) , Dirkie Strydom,(KHS) Stix Ngcobo (SA 7’s Academy afrigter) en Darryl Weir (Hoërskole 7’s promotor) tydens verlede jaar sewe gholfdag saam met die Blitsbokke.
Vrydag, 13 September om 08:00 begin die KHS-optog waar hulle deur die dorp sal beweeg en by die verskillende laerskole sal omry.
Middelburgers wat nog nie die Blitsbokke op daardie stadium te siene gekry het nie, kan dieselfde aand tussen 17:00 en 18:00 voor Panarottis bymekaarkom vir ’n foto- en handtekeningsessie.
Saterdag is die groot sewesfees waar die Blitsbokke in drie vertoonwedstryde te siene sal wees teen die Bulldogs, All Stars en Puma Akademie.
Tristan Leyds (Blitsbok) in aksie tydens hul vertoonwedstryde by Hoërskool Kanonkop se sewesfees verlede jaar.
Dieselfde dag sal 16 o/17 en 12 o/15 sewesspanne dit uitspook.
Hekke open om 07:00 en toegang is R30 per persoon en R20 per voertuig. Hoërskoolleerlinge in skoolklere en laerskoolleerlinge kan gratis ingaan.
Vir enige navrae, skakel die hooforganiseerders, Christel Nel by 072 476 5631 of Dirkie Strydom by 071 697 3909.
• Kyk in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer watter Blitsbokke in die finale span is wat in aksie sal wees tydens die vertoonwedstryde.
Blitsbok Tiaan Pretorius saam met Dirkie Strydom (organiseerder) tydens een van die vorige sewesfeeste by Hoërskool Kanonkop.
Back to top button