News

Man sak inmekaar in Middelburg Mall, sterf kort daarna

’n Man het vanoggend kort na 09:00 inmekaar gesak by die Middelburg Mall en alhoewel noodbehandeling toegepas is, het hy kort daarna gesterf.

 

’n Welbekende inwoner het vanoggend inmekaar gesak by die Middelburg Mall en het ’n vrou van ’n nabye besigheid vir sowat ’n halfuur sy lewe probeer red met noodbehandeling, maar hy het op die toneel gesterf.

Die gebeure het plaasgevind in die area tussen Superspar en Dischem.

Advertensieborde is om die vrou, wat werk by ’n nabygeleë besigheid, gepak, terwyl sy probeer het om sy lewe te red.

  • Die bemarkingskantoor van die Middelburg Mall wou nie kommentaar lewer oor die voorval nie en gesê hulle respekteer die privaatheid van die familie.
  • Die man se liggaam het sowat twee ure op die toneel gelê voor hy verwyder is en verskeie mense het die Middelburg Observer gekontak en gesê hoe getraumatiseer hulle daaroor was.
  • Die koerant weet wie die oorledene is, maar kan nie op hierdie stadium sy naam bekend maak nie, omdat al sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

Back to top button