News

Trok tref stilstaande bakkie en sleepwa

Insittendes in ’n bakkie wat deur ’n trok getref is, kan hulself gelukkig ag dat hulle nie beserings opgedoen het nie.

 

Vrugte en huishoudelike ware het oral langs die pad rondgelê nadat ’n trok gisteroggend ’n stilstaande bakkie met sleepwa op die N4, naby die Middelburgdam getref het.

Louwtjie Swart, van die Traffic Alert WhatsAppgroep, sê die insittendes kan hulself gelukkig ag dat nie een van hulle ernstige beserings opgedoen het nie.

Die bakkie en opgefrommelde sleepwa het in die veld beland en alles wat in die sleepwa was, is uitgeslinger.

Die insittendes in die bakkie is gelukkig nie beseer nie.
Die trok wat in die ongeluk betrokke was.

 

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

 

Back to top button