News

Sakeman se moord: ook na mynmafia gekyk

Riemtelegramme dat die mynmafia moontlik betrokke kon wees by die moord van Johan Cowan, is ook ondersoek.

Vroeg in die ondersoek na Middelburger Johan Cowan se moord, is daar gekyk na die moontliklikheid dat die mynmafia betrokke kon wees by sy moord.

Morney Vos, die hoofondersoeker van Mike Bolhuis se spesialis-eenheid, Specialiced Security Services (SSS), wat help met die ondersoek, het bevestig dat hulle aan die begin van hulle ondersoek gekyk het na die moontlikheid dat die berugte mynmafia by sy moord betrokke kon wees.

Johan, ’n direkteur by Genet Mineral Processing (eMalahleni) is op 16 Junie dood in sy luierende Toyota Hilux GR bakkie by die Snake Road afrit (Benoni) gekry.

Vos het verlede week inligting oor die ondersoek bekendgemaak, waarin hy gemeld het dat alle vingers wys daarna dat die berugte blouligbende vir Johan doodgeskiet het.
“Alles dui daarop dat dit die blouligbende se werk is, omdat daar al soveel soortgelyke aanvalle in dieselfde omgewing was,” het Morney genoem.

Lees ook:

 

Die mynmafia was egter ook op hul ondersoeklys baie vroeg in die ondersoek.
“Niks is egter onmoontlik nie. Daar is baie spekulasies. Almal het iets te sê. Alles wys egter nou in die rigting van die blouligbende, tensy daar nuwe inligting na vore kom, wat dit in ’n ander rigting kan stuur. Ons kan niks afskryf nie.”
Enige persoon wat inligting kan verskaf, wat kan help in hul ondersoek om die aanvallers vas te trek, kan die volgende nommers skakel: 066 212 5193 (Morney), 060 899 9938 (Wesley Vos), 083 792 0602 (Ben Booysen) of 082 222 5821 (Luke Enslin).

Back to top button