Waarskuwing: Verkeer kilometers opgehoop na kettingbotsing weens rook op N4
Verkeer is tans vir kilometers opgehoop na ’n kettingbotsing naby die Ultra City net voor die Middelburg Tolhek op die N4 en gaan die pad moontlik nou tydelik gesluit word oor die swak sig.
Joernaliste op pad na die ongeluk naby die Ultra City (eMalahleni se rigting), sit tans in die verkeer vas, wat al vir kilometers opgedam het. Gerhard Rheeder en Sjani Campher berig dat die verkeer in Nelspruit se rigting ook opgehoop het, omdat daar by die Vandyksdrif-afrit, Nelspruit se rigting, ook ’n ongeluk was.
Volgens Louwtjie Swart (Traffic Alert) was daar beide kante van die N4 ongelukke, maar was daar gelukkig een ernstige beserins nie.
Hy verleen hulp op die toneel vir Van Wettens en David Ross (Ross Insleepdienste) is ook daar om voertuie so gou as moontlik uit die pad te kry, sodat verkeer weer kan beweeg.
Louwtjie het pas laat weet dat hulle die N4 gaan sluit, omdat die vuur weer opgetel het en erge rook oor die N4 waai.
@middelburgobserver Accident on both sides of the N4 Fires next to the road are causing further difficulties #fire #accident #middelburg #mpumalanga