News

Messe, pangas, gebruikte naalde in die nagte op ons strate!

Van messe tot pangas en ander inbreektoerusting lê langs dwelmverslaafdes wat oop en bloot in die nagte dwelms gebruik voortdat hulle inbreek.

’n Hele krat vol inbreektoerusting en ander wapens soos gebreekte spieëls en pangas, asook dwelmnaalde, is by die koerant uitgepak om te wys wat in die nagte in ons dorp aangaan.

Arthur Hill (Dagpatrollie) het ingestem tot ’n onderhoud op video om die gemeenskap in te lig en te wys hoe ernstig die misdaad in die gemeenskap regtig is.

Hy meld dat hul lede die inbreektoerusting en dwelms in die nagte tydens patrollies gekry het.

Van die dwelmpypies, naalde en inspuitings wat by verslaafdes gekry is.

“Ons ry gewoonlik tussen 22:00-02:00 patrollies, wanneer die dorp stil. Dit is dan wanneer ons die verslaafdes op stoepe en in bosse vind met die inbreektoerusting en dwelms by hulle.

In die meeste gevalle betrap ons hulle ook op heterdaad waar hulle besig is om die dwelms in te spuit.”

In ’n bottel het hy ’n inspuitings gewys, waar die dwelms, waarskynlik heroïne, met bloed gemeng is.

@middelburgobserver

Middelburg se strate vol pangas, dwelmnaalde, inbraakgereedskap. #middelburgobserver #Middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver

“Die straatnaam daarvoor is ‘bluetooth’. Hulle spuit ’n bietjie van die dwelms in hul are en trek dan weer bloed in die inspuiting op, wat dan vir ’n ander verslaafde ingespuit word ook. So gebruik meer as een persoon dieselfde naald en inspuiting.”

• Dit is duidelik dat veral Kanonkop en Dennesig tans ernstige brandpunte is ten opsigte van inbrake en ander misdaad.

Van die inbreektoerusting en wapens, soos pangas, wat hulle in die afgelope ses maande by verdagtes gekry het.

Arthur sê dit is belangrik dat mense by noodgroepe moet aansluit en kom hy hulle selfs tans tegemoet deur persone wat in Juniemaand aansluit, nie die eerste maand se aansluitingsfooie te laat betaal nie.

Vir enige navrae rakende die Dagpatrollie, bel Arthur by 083 870 9693.

Back to top button