News

Willem kan dalk gehelp word, met jou hulp

Dié gestremde jong man loop al sewe maande in pyn met ’n gebreekte enkel en noudat hy dalk gehelp kan word, staan daar R1 500 tussen hulp en nóg maande van pyn.

Willem Esterhuizen, die gestremde jongman wat op 25 Oktober verlede jaar van sy fiets af gery is en wie se enkel gebreek is, kan dalk gehelp word met ’n derdeparty-eis met ’n operasie, maar hulle moes eers die ortopeed se afspraak betaal.

“Ek sit nou by die ortopeed, maar ons moet eers die R1 500 konsultasiefooi van die ortopeed betaal, voordat daar gekyk kan word vir die derdeparty-eis sodat Willem kan gaan vir die operasie,” het sy ma, Patricia, vanoggend moedeloos gesê.”

“Ek het eenvoudig nie daardie geld nie en Willem kan nie so aangaan nie. Hy is konstant in pyn.”

Willem is op die hoek van Verdoorn- en Vosstraat raakgery en verduur sedertdien die hele tyd pyn.

Lees meer hier: X-strale wys seun wat van fiets af gery is, se enkel is gebreek

Hy is doof en verstandelik gestremd en het karre opgepas om te help om die pot aan die kook te hou in hul huis.

Willem het aangebied om sy ma te help, nadat haar verloofde in 2022 oorlede is.

Patricia sê die geldjie wat hy gekry het om karre op te pas, het gehelp dat hulle krag en kos kon koop.

Noudat hy nie kan werk nie, sukkel hulle om te oorleef.

• Enige persoon wat moontlik ’n bydrae kan maak, kan Patricia bel by 073 896 6957.

Back to top button