News

Gaan jol saam met bejaardes by die Kieries en Wieledag!

Saterdag gaan dit weer ’n gebrul van motorfietse en groot pret wees by die jaarlikse Kieries en Wieledagjol.

Motorfietsryers van al die motorfietsklubs van die Middelburg Motorfietsraad, asook die gemeenskap van Middelburg word uitgenooi na die Kieries en Wielejol more (Saterdag, 20 April) by die SAVF Tehuis vir Bejaardes.

Elna Boshoff sê dit is die sewende jaar dat die Ohonu (wat ‘Familie’ beteken) Motorfietsklub dié gewilde dagjol aanbied by die tehuis.

Toegang is R100 per persoon, wat ’n gratis ontbyt om 07:00 insluit.

Daarna kan almal by die stalletjies saamkuier tot wanneer die bejaardes se modeparade om 10:30 begin.

Die hoogtepunt is natuurlik wanneer mnr. Kieries en mej. Wiele omstreeks 11:30 aangekondig word.

Verlede jaar was oupa Kobus du Toit en ouma Babs Ackerman die wenners.

Na die kroning sal ’n paar van die inwoners die geleentheid kry om saam met die motorfietsryers ’n draai te gaan ry.
Vir enige navrae rakende die dagjol, bel Elna by 079 383 7852.

Back to top button